Namibië voer baie aartappels in

Volgens die Namibië Handelstatistiekbulletin vir Junie van die Namibië Statistieke-agentskap het Namibië 21,3 miljoen Namibiese dollar se akkerbou-produkte, 23,3 persent minder as in Mei, ingevoer. Dit word toegeskryf aan die invoerbeperkings van die Namibië Akkerbouraad. Aartappels behels 41,1 persent van die totale invoere, gevolg deur knoffel en gevriesde groente wat 99,9 persent uit Suid-Afrika ingevoer word. Gilbert Mulondola, bestuurder van akkerbou en tuinbou in die Namibiese Akkerbouraad, verduidelik waarom Namibië nie genoeg aartappelprodusente het nie.