Bokke sal hul beste gee, na hulle All Blacks-wedstryd kyk

Die Springbokke is vasbeslote om Erfenisdag vir hul Suid-Afrikaanse ondersteuners ekstra spesiaal te maak wanneer hulle net na vyf-uur vanmiddag sake met Argentinië uitspook in Durban. Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, sê die span sal vanoggend inskakel vir die kragmeting tussen Australië en Nieu-Seeland om te sien presies wat die kombinasies is. Hy voeg by soos sake staan, kan al vier spanne steeds die kompetisie wen, maar ongeag wat gebeur, sal dit steeds ’n behoorlike eindstryd vir die Bokke en die Pumas wees.