Verskeie beroepe vrygestel van Russiese diensplig

Rusland se ministerie van verdediging het ‘n lys van beroepe bekend gemaak wat vrygestel sal word van die diensplig wat daarop gemik is om sy oorlogspoging in Oekraïne ‘n hupstoot te gee. Inligtingstegnologie-werkers, bankiere en joernaliste wat vir staatsmedia werk, sal die “gedeeltelike mobilisering” vryspring wat Woensdag deur president Vladimir Putin aangekondig is. Ongeveer 300 000 burgers word as deel van die veldtog opgeroep. Dit het gelei tot ‘n stormloop na die land se grense terwyl jong mans probeer vlug om diensplig te ontduik. Duitse owerhede het aangekondig dat hulle die mans sal verwelkom.