IPPR: Plaaslike owerhede is treurig met hul oudits

Na aanleiding van berigte dat plaaslike owerhede se voortdurende versuim om oudit-bevindinge te implementeer, is die rede waarom ‘n groot aantal van hulle gekwalifiseerde ouditverslae op ‘n jaarlikse basis ontvang. Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê soveel as wat die ouditeur-generaal se kantoor goeie werk doen om vermiste miljoene aan te meld, is hulle magteloos. Miljoene is normaalweg vermis, bateregisters is foutief en die boekhouding van talle munisipaliteite en plaaslike owerhede is oor die algemeen treurig.