Bokke kom in Buenos Aires aan vir wedstryd teen Pumas

Rugby: Die Springbokke het nie te lank tyd gehad om hul eerste oorwinning in agt jaar oor die Wallabies in Australië te vier nie, want hul moes op die vliegtuig na Buenos Aires spring vir volgende Saterdag se Rugby-kampioenskapstoets teen Argentinië. Die kompetisie is weer wawyd oop nadat die All Blacks die Pumas Saterdag in Nieu-Seeland met 53-3 verneder, en Suid-Afrika Australië 24-8 geklop het. Al vier spanne het nou twee wedstryde gewen en twee verloor. Die Bokke en die Pumas sal weer op 24 September in Durban ontmoet in die laaste ronde.