Liz Truss: Dis ‘n eer om die VK se nuwe premier te wees

Liz Truss sê dis ‘n eer om die nuwe eerste minister van die Verenigde Koninkryk te wees. Sy het 81 326 stemme op haar verenig teenoor Rishi Sunak se 60 399. Truss neem oor na Boris Johnson in Julie gedwing is om te bedank na verskeie skandale. Johnson en Truss sal môre na Balmoral gaan om die koningin te ontmoet vir die amptelike oorhandiging. Sy sê sy gaan haar beloftes gestand doen.

Truss sê sy het ‘n meesterplan wat sal lei tot ‘n sege vir die Konserwatiewe Party in 2024-verkiesings.