Bokke: Daar’s lesse te leer uit nederlaag teen Wallis

Suid-Afrika en die res van die suidelike halfrond se spanne hoop om die komende naweek die bordjies te verhang nadat hulle almal oor die afgelope een teen spanne uit die noordelike halfrond verloor het. Wallis het sy eerste oorwinning ooit oor die Springbokke op eie bodem behaal, Ierland het die All Blacks geklop en Engeland was baas teen Australië. Skotland het ook met Argentinië klaargespeel. Assistent Bok-afrigter, Deon Davids, sê daar is baie om te leer uit ‘n nederlaag voor die beslissende toets teen Wallis in Kaapstad:

Intussen het afrigter Jacques Nienaber sy span vir die naweek se kragmeting bekend gemaak. Daar is 11 veranderinge met Jaden Hendrikse wat bo Faf de Klerk as skrumskakel gekies is. De Klerk en Willie le Roux is die enigste twee agterspelers op die plaasvervangersbank. Siya Kolisi is terug op sesflank en neem die kapteinskap oor by Handre Pollard. Eben Etzebeth speel sy 100ste toets met Bongi Mbonambi wat in sy 50ste toets speel. Gaan kyk gerus op Kosmos 94.1 se Facebook-blad vir die volle span.