Voertuigverkope vir  Junie is goed en sleg

Cirrus in die hoofstad het die jongste voertuigverkope vir Junie bekend gemaak. Daar is 866 eenhede gedurende die maand verkoop wat ‘n verbetering van 2,7 persent op ‘n jaargrondslag verteenwoordig en ‘n 12,9 persent verbetering teenoor Mei aandui. Die goeie nuus is dat kommersiële voertuie op ‘n jaargrondslag verbeter het maar, sedanvoertuie het effe afgeneem. Tot op hede is daar 5 180 voertuie vanjaar verkoop, beter as in Junie 2021 en 2020 maar, sou die twee maande uitgesluit word, is dit die laagste verkope in die eerste helfte van die jaar sedert 2009.