Namibië moet telekommunikasieheffings, onderwys aanspreek

Die Wêreldbank se verteenwoordiger in Namibië Marie Francoise Marie-Nelly sê Namibië moet sy energie fokus op die hantering van kwessies soos hoë telekommunikasieheffings en die gehalte van onderwys. Sy is van mening dat Namibië lesse moet leer uit ander lande wat ook as hoër middelinkomste-lande geklassifiseer is en meer mededingend raak, veral in verband met telekommunikasie in die land. Sy sê die mark is te gekonsentreer, met twee operateurs wat die grootste deel van die inkomste verdien en onder geen druk is om heffings te verminder nie. Die reguleerder behoort dit ook aan te spreek. Nog ‘n kwessie wat kommer wek is toegang tot gehalte-onderwys te kan kry. Op die oomblik kry Namibië geen opbrengste uit sy onderwys nie, eenvoudig omdat die kwaliteit nie daar is nie.