Indonesiese vissers word betaal om oseane skoon te maak

Kleinskaalse vissers in Indonesië word as deeltydse bemanning gewerf om die oseane skoon te maak. Die regering betaal hulle omtrent 18 Namibiese dollar vir elke vier kilogram plastiek rommel. Dit is effens meer as wat hulle sou kry as hulle hul vis teen markpryse sou verkoop. Indonesië hoop dit sal nie net bewustheid skep nie, maar ook ontslae raak van die land se reputasie as een van die grootste bydraers tot oseaan-besoedeling.