R. Kelly kry 30 jaar – in hierdie saak… daar kom nog

Die Amerikaanse sanger R. Kelly is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis. Die R&B-kunstenaar wat 55 jaar oud is, is verlede September in New York skuldig bevind aan rampokkery en sekshandelmisdade. Hy het jare se aantygings in die gesig gestaar en die regter sê hy het ‘n “onverskilligheid teenoor menslike lyding”. Prokureurs vir die sanger sê hy sal appelleer. Geklee in tronk-kakies en donkerbrille, het Kelly geweier om ‘n verklaring van sy eie te maak en het nie gereageer toe die uitspraak gelewer is nie.