OUTA is vies oor afvoerwater in Dieprivier

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, en Milnerton se Belastingbetalers- en Inwonersvereniging doen ‘n beroep op die Kaapstadse metro om deursigtig te wees rakende die onlangse nood-afvoer uit die Potsdam-watersuiweringsaanleg. Andrea Korff van OUTA sê dit volg nadat hulle videos ontvang het van afvoerwater wat die stad uit die Long Pond-sluishek in die Dieprivier uitlaat. Korff sê die stad kon nie ‘n behoorlike verduideliking hiervoor gee nie: