BLSA stel verslag op oor befondsing vir armes

Business Leadership South Africa sê alhoewel die lot van armes in die land haglik is en dringende maatreëls nodig is, is die oplossing nie dat die ekonomie ondermyn word nie. Die organisasie in samewerking met Business Unity SA, het ‘n verslag vrygestel oor befondsingsopsies vir ‘n basiese inkomstetoelaag. Business Leadership SA se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê kontantoordragte soos ‘n basiese inkomste verbeter die welsyn en lewensomstandighede van ontvangers. Sy voeg egter by dit is slegs indien dit bekostigbaar is; nie die staat se finansies benadeel; en groei en werkskepping ondermyn nie.