BLSA sê Transnet-staking sal buurland se ekonomie lamlê

Business Leadership South Africa sê die onbepaalde Transnet-staking gaan die ekonomie lamlê en kan verdere afgraderings tot gevolg hê. Die verenigde nasionale vervoerunie, UNTU, en die vakbond vir vervoer- en verwante werkers, SATAWU, het Transnet se aanbod van ‘n salarisverhoging van 3 tot 4 persent verwerp. Business Leadership se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê myn- en baie ander maatskappye verloor miljarde terwyl die staking aanhou en volgens vroeë beramings gaan dit 6 miljard Suid-Afrikaanse rand per dag beloop. Sy sê die staking maak Transnet se finansiële posisie net baie erger.