Chinese ekonomie krimp, olieprys daal

Oliepryse daal vanoggend na vyf dae se stygings na ‘n verslag oor verlangsamende ekonomiese aktiwiteit in China, die wêreld se grootste ru-olie invoerder. Brent het van ‘n hoogtepunt van meer as 98 Amerikaanse dollar ‘n vat gedaal na net onder 97 dollar ‘n vat. Die verlangsaming in die ekonomie van China, die wêreld se tweede grootste olieverbruiker na die VSA, dra by tot groeiende kommer oor ‘n moontlike wêreldwye resessie wat veroorsaak word deur talle sentrale banke wat rentekoerse verhoog om hoë inflasiekoerse te bekamp.