BLSA sê besighede moet so vinnig moontlik oopmaak

Business Leadership South Africa sê hoewel daar geweldige druk op staatsfinansies is, is die beste manier om dit te hanteer om te verseker dat sakeondernemings wat belasting betaal nie onbepaald gesluit word nie. Menige ondernemings is weens verlede week se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng vernietig. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê kommoditeite het ‘n mate van ‘n meevaller geskep. Dit verskaf kontant aan die regering om ondernemings by te staan wat in die toekoms ‘n opbrengs sal lewer. Sy voeg by dat die herbouing deur wyer hervormings in die ekonomie gerugsteun sal word.