Minister sê oor koste van ontsoutingswater

Reaksie word ontvang op berigte dat die water wat deur die nuwe, beplande ontsoutingsaanleg beskikbaar gestel sal word, te duur sal wees, veral vir gemeenskappe in informele nedersettings en landelike gebiede. NamWater is onlangs opdrag gegee om fase een van die projek van stapel te stuur, in samewerking met die privaatsektor. Die minister van landbou, water en bosbou Calle Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.