Bloubessies, swartbessies gunstig vir uitvoermark

In die buurland sê ‘n bloubessieboer van Mpumalanga hy is besig om ‘n uitvoermark vir swartbessies te vestig nadat ‘n oorsese kliënt ‘n bestelling vir swartbessies en bloubessies geplaas het. Die eerste oes word vanjaar vanaf middel November tot middel Desember versamel. Die besturende direkteur van Blue Drop Berries in Lydenburg, Luan Swart, sê die bloubessie-mark groei elke jaar en die vraag na swartbessies het ter selfde tyd geweldig toegeneem. Swart se seuns boer met bye, dus is daar bye beskikbaar vir die blomseisoen wat volgende maand begin.