Vir elke skool ‘n tuin

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n nuwe projek vir skooltuine van stapel gestuur. Veertien skole sal voordeel uit die projek trek, met een skool per streek wat tuine sal ontvang. Meer as 400 000, die helfte van Namibië se skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram vir ‘n maaltyd per dag en die tuine kan bydra tot die leerders se gesondheid en ook, hulle opleiding vir die toekoms. Gilbert Mulonda, die akkerbouraad se algemene bestuurder vir akkerbou en tuinbou het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.