Blou-lig kapers is vas in Johannesburg

Nege verdagtes is in hegtenis geneem in verband met bloulig-rooftogte en motorkapings in Gauteng. Dit volg nadat die polisie se taktiese reaksiespan, honde-eenheid, speurders van die provinsiale ernstige- en geweldsmisdaad-eenheid, en privaat sekerheidsondernemings Dinsdag en gister inligting opgevolg het oor ‘n groep verdagtes wat na bewering verbind word aan ‘n reeks kapingssake. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê die span het die verdagtes op verskillende plekke in Gauteng vasgetrek: