Longsiekte veroorsaak bewegingverbod in Kavango

‘n Verbod op die beweging van beeste het onmiddellik in werking getree in vier gebiede in die Kavango Wes-streek ná ‘n uitbreking van aansteeklike longsiekte. Luidens ’n verklaring deur die Namibiese regering is die siekte die eerste keer in die Ncamagoro- en Musese-gebiede opgemerk. Dr. Albertina Shilongo, hoofveeartsenykundige beampte by die landbouministerie sê die situasie is onder beheer en inentings sal begin.