Vroue-Proteas verloor

Dit was déjà vu vir Suid-Afrika se vroue-krieketspan toe hulle vroeër vandag teen Engeland in die halfeindstryd van die Wêreldbeker in Nieu-Seeland met 137 lopies verloor het. Dieselfde het gebeur in 2017 se Wêreldbeker. Daar is dié keer meer van die Proteas verwag. Kaptein Suné Luus het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Engeland het ‘n teiken van 294 gestel. In Danni Wyatt se beurt van 129 lopies van 125 balle af vir Engeland, het die Proteas twee vangkanse verbrou. Shabnim Ismail het drie paaltjies laat kantel. Die Suid-Afrikaners het nie ‘n kans gestaan nie en is uitgeboul vir 156 lopies.