Blou diamant van Cullinan opgeveil

‘n Skaars blou diamant uit die Cullinan-myn in Gauteng sal na verwagting sowat 350 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling behaal. Die juweel van 39,94 karaat is in April ontdek. Dit word tans aan voornemende kopers in Antwerpen, Dubai, Hongkong en New York uitgestal en sal volgende maand te koop aangebied word. Suid-Afrikaanse media berig dat ‘n soortgelyke skaars blou diamant van 29 karaat, die Blue Moon of Josephine, sewe jaar gelede vir 352 miljoen Namibiese dollar verkoop is. Dit was ook van die Britse myngroep, Petra, se myn in Cullinan.