Kaapse kunsveiling vanjaar aanlyn

Die driedaagse Kaapstadse premier-kunsveiling vind volgende week van Dinsdag tot Donderdag aanlyn plaas. Dit word beskryf as ‘n geleentheid om werk van eietydse kunstenaars te bekom en dit gaan gepaard met goeie wyn uit die Restaurant Mosaic se kelder. Die organiseerders sê hulle het op die formaat besluit omdat hulle nie vanjaar hulle getroue versamelaars met die tradisionele opening-skemerkelkie kan verwelkom nie. Werke van kunstenaars soos Norman Catherine, William Kentridge en Lionel Smit sal te koop wees.