Blou diamant haal R916 miljoen op veiling

Die De Beers Cullinan Blue-diamant is op Sotheby’s in Hongkong vir 916 miljoen rand opgeveil. Die diamant van 15,1 karaat is in April verlede jaar in die Cullinan-myn, oos van Pretoria, ontdek. Daar word berig dit is die grootste blou diamant wat nog ooit opgeveil is. Volgens die Edelsteen-instituut van Amerika word blou diamante baie selde gevind, en dit word op vlakke aangetref wat vier keer dieper as die meeste ander diamante is.