Sommige Namibiese privaatskole het tot 4 Augustus wintervakansie

Privaatskole wat die Namibiese kurrikulum volg, sal ook die onderwysministerie se skoolkalender volg met pre-primêre skole wat aangesig-tot-aangesig-onderrig eers op 4 Augustus sal hervat. Eksterne eksamens vir graad 11, 12 en AS-vlakke sal op 15 November begin en tot 17 Desember duur.