Blitsbokke wil nuwe hoofstuk begin

Die Dubaise sewestoernooi was oor die jare ‘n maklike jagveld vir die Blitsbokke, maar hul onlangse spelpeil was teleurstellend. Ondanks die oorwinning in die Verenigde Arabiese Emirate verlede jaar, het Suid-Afrika die reeks in die sewende plek afgesluit. Die span sal môreoggend hul seisoen teen Samoa begin, gevolg deur groepswedstryde teen Kanada en Nieu-Seeland. Die hulpafrigter, Philip Snyman, sê die Blitsbokke se wedervaringe in Dubai is iets om op trots te wees, maar dit is nou tyd vir ‘n nuwe hoofstuk.