Vakbond verwelkom tenderskandaal-arrestasies

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die inhegtenisneming van drie voormalige werknemers van die Kantoor van die Hoofregter oor ‘n IT-tenderskandaal van 225 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Yvonne van Niekerk, Casper Coetzer en Nkosikhona Ncube het na bewering ‘n ooreenkoms met die internasionale media- en tegnologie-onderneming, Thomson Reuters, bevorder met die doel om 30 persent van die bedrag te verdien. Hulle is uit op borgtog nadat hulle in die hof verskyn het. Reuben Maleka van die vereniging het die kantoor geloof omdat regstappe gedoen is teen korrupsie en die misbruik van belastingbetalersgeld.