Skenkers dra MIV-voorkoming in Afrika

Frontline Aids sê befondsing van internasionale skenkers bly die grootste bydraer tot MIV-voorkoming in Afrika, veral met programme wat gemik is op sleutelbevolkingsgemeenskappe. Die organisasie het sy nuwe MIV-voorkoming- en aanspreeklikheidsverslae vrygestel. Frontline Aids se woordvoerder, Leora Pillay, sê buiten vir die MIV-voorkoming, skiet regerings van al nege Afrika-lande wat in die verslae ontleed word, ver te kort met die bereik van hul teiken om 15 persent van hul nasionale begrotings aan gesondheid te bestee, soos uiteengesit in die Abuja-verklaring.