Katar verskaf humanitêre hulp aan vloedgeteisterde KwaZulu-Natal

Die Suid-Afrikaanse regering het Katar se humanitêre hulp aan die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal verwelkom. Dit bestaan onder andere uit kos, klere, opwekkers, watersuiweringstoestelle, ventilators, tente en mediese voorraad. Katar se ambassadeur, Tariq Ali Faraj, sê hulle sal help om die hulp te versprei, asook om die reaksie op die ramp te bestuur.