DA kla oor afskaling van 2G- en 3G-toestelle

Die DA sê die afskakeling van 2G- en 3G-toestelle sal die lewens van boere en plaaswerkers, wat daarop staatmaak om bure in kennis te stel as hulle aangeval word, bedreig. Dit volg nadat die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni, konsep-planne aangekondig het om die radio-frekwensiespektrum te desentraliseer. Die publiek het tot 19 Oktober tyd om kommentaar te lewer oor die voorgestelde beleid. Dianne Kohler Barnard van die party sê 4G- en 5G-toestelle is aansienlik duurder.