Blitsbokke is gereed vir Wêreldbeker

Die Blitsbokspeler, Muller du Plessis, sê die span is opgewonde en goed voorbereid vir die begin van die Wêreldbeker-sewestoernooi in die Kaapstad-stadion. Hy is perdfris sedert hy laat in Mei van ‘n besering teruggekeer het en hy was een van die uitblinkers vir die Bokke toe hulle in Julie die goue medalje by die Statebondspele gewen het. Du Plessis sê om tuis te speel is eerder ‘n motivering as wat dit tot meer spanning bydra: