Blitsbok Cecil Afrika gaan in Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad speel

Rugby: Die afrigter van die Springbok Sewes-span, Neil Powell, het die veteraan-Blitsbok Cecil Afrika ingesluit in die span vir volgende naweek se Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad. Hy sluit hom aan by drie lede van die span wat die bronsmedalje op die vorige toernooi in 2018 gewen het, naamlik kaptein Siviwe Soyizwapi, Ryan Oosthuizen en Selvyn Davids. Die 34-jarige Afrika het van 2009 tot 2020 in 345 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel en altesaam 1 462 punte aangeteken. Powell het ‘n groep van 14 spelers aangekondig waaruit die finale groep van 12 Woensdag bevestig sal word.