Blinken en top-diplomate van Israel, vier Arabiese state hou mylpaal-vergadering

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, en die top diplomate van Israel en vier Arabiese state, het vandag ‘n mylpaal-vergadering gehou om kwessies van die Iranse kern-onderhandelings tot die wêreldwye skokgolwe rondom Rusland se inval in Oekraïne te bespreek. Die samesprekings het die buitelandse ministers van die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Marokko vir die eerste keer op Israelse grondgebied byeengebring. Al dié lande het in 2020 betrekkinge met die Joodse staat hervat.  Die buitelandse minister van Egipte het ook die vergadering bygewoon. Dié land het reeds in 1979 met Israel vrede gemaak.