Blade moet bedank – ActionSA

ActionSA eis dat die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, asook die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raad, Ernest Khosa, onmiddellik bedank. Dit volg na ‘n opspraakwekkende verslag deur die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, waarin onthul word die twee het na bewering gunslone ontvang wat verband hou met die bedrieglike skema om toelaes regstreeks te betaal. Hluphi Gafane van ActionSA sê Outa se onthullings het ʼn korrupsie-web ontbloot: