Hoekom voer Namibië nie Angolese brandstof in nie?

Die Namibiese polisie sukkel steeds met onwettige brandstof invoere. Die mag het oor die naweek ‘n 45-jarige vrou gearresteer na sy gevind is met 45, 25-liter kanne petrol vanuit Angola ter waarde van 25 300 Namibiese dollar. Sy het ook diesel by haar gehad. Diensstasie-eienaars sit met hul hande in hul hare en sê die goedkoper brandstof word openlik verkoop. Jafet Nakanue, een so ‘n sakeman in die Noorde meen die regering moet beide opsies aanbied en die verbruiker ‘n keuse gee.