Turkye sal Swede se Navo-lidmaatskap goedkeur

Turkye sal in die komende weke Swede se lidmaatskap van Navo bekragtig, volgens die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken. Die Turkse parlement se kommissie vir buitelandse sake het die bod goedgekeur in ‘n belangrike stap vir die uitbreiding van die Westerse blok ná 19 maande se vertragings. Die volgende stap is ‘n stemming in die parlement. Swede het die bod in 2022 gemaak ná Rusland se inval in die Oekraïne, maar Turkye se president Tayyip Erdogan het besware geopper oor wat hy gesê het Stockholm se beskerming is van mense wat Ankara as terroriste beskou.