Ekonoom sê Ramaphosa spel nie duidelik arbeidstrategieë uit

‘n Ekonoom sê President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede verskeie kwessies rondom werkloosheid geopper, maar nie duidelike arbeid-strategieë uitgespel om werkloosheid onder die jeug teen te werk nie. Derek Yu van die departement ekonomie aan die Universiteit van die Wes-Kaap sê langtermyn-planne moet beraam word vir dié groep, want dit is reeds moeilik om ‘n eerste werk te kry, wat nog te sê van ‘n moontlike loopbaan te bou. Yu wys daarop inentingskoerse is ook aan die afneem, en meen dit skep ‘n probleem.