ANC beloof goeie diens, bekamping van korrupsie, diefstal

ANC-president Cyril Ramaphosa sê bykans 10 000 van dié party se kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing het plegtig onderneem om die mense van Suid-Afrika te dien. Hy het lede by die regerende party by ‘n geleentheid in die Alberton-gemeenskapsentrum in Ekurhuleni, Gauteng, toegespreek. Ramaphosa sê kandidate het dié belofte gemaak as deel van die ANC se onderneming om steeds beter te doen, reg te maak wat verkeerd geloop het, en die party se foute te herstel:

Intussen sê Ramaphosa die kandidate het onderneem om korrupsie, bedrog, en kaderbevoordeling hok te slaan, ongeag in watter vorm dit voorkom of wie betrokke is: