Bipa: Minder besighede registreer in 2022

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendom, Bipa het nuut geregistreerde sake-entiteite vir die jaar 2022 aangekondig, waarin die owerheid ‘n afname in algehele besigheids-registrasies met 7,3 persent in vergelyking met 2021 waargeneem het. Bipa het ‘n totaal van 12 666 registrasies op sy besigheids-register aangeteken vir die tydperk Januarie tot Desember 2022, in vergelyking met die 13 594 in 2021. Van die totale aantal registrasies bestaan 11 130 uit beslote korporasies en 1 153 vir maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansen, uitvoerende bemarkings- en korporatiewe kommunikasiebestuurder by Bipa gepraat.