Gebrek aan water weens beurtkrag in buurland  

Verskeie provinsies in Suid-Afrika word geraak deur die gebrek aan voldoende watervoorsiening weens beurtkrag. Volgens ʼn verslag deur ʼn navorsingspesialis in waterhulpbronbestuur aan Unisa, Anja du Plessis, raak al hoe meer infrastruktuur onklaar weens beurtkrag. Sy sê 40 persent van die water gaan verlore weens infrastruktuur wat nie in stand gehou is nie. Sy glo ook rugsteun-kragopwekkers sal nie met langdurige beurtkrag van nut wees nie.