Bipa kondig boete-kwytskelding aan
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid kondig sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram aan, effektief vanaf 15 November tot 31 Maart volgende jaar. Die inisiatief verlig die finansiële las op sake-entiteite deur boetes en bykomende fooie kwyt te skeld wat opgeloop het weens nie-betaling van jaarlikse heffings tussen 2012 en 2022. Die owerheid sê die totale bedrag ter sprake beloop sowat 275 miljoen Namibiese dollar. Om in aanmerking te kom, moet ondernemings onder meer vir die program aansoek te doen en hul uitstaande kapitaalbedrae vir elke jaar van nie-nakoming vereffen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bipa se woordvoerder, Ockert Jansen, wat meer deel.