Nog 1 052 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 052 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 201, Outjo 77, Tsumeb 65, Oshakati 61, Walvisbaai 60 en Swakopmund 57. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 22 273 aktiewe gevalle, met 565 in die hospitaal en 114 in intensiewe sorg. Die totale aantal sterftes staan nou op 2 467. Die herstelkoers is 78%.