Bill en Melinda skei

Bill en Melinda Gates gaan skei ná ‘n huwelik van 27 jaar. Hulle sal egter met hul filantropiese werk van die Bill & Melinda Gates-stigting voortgaan. Die stigting het verlede jaar 1,7 miljard Amerikaanse doller aan Covid-verligting bestee. Die paartjie het ontmoet toe Melinda by Microsoft werksaam was en hulle word erken as die mees invloedryke egpaar ter wêreld.