Jongste oor Covid-gevalle

Daar is 152 nuwe Covid-gevalle bevestig uit 1 146 toetse. Otjozondjupa en Khomas het 30 elk, Hardap 26, Oshana 19, Oshikoto 12, Omaheke 10 en Ohangwena 9. Daar is 16 leerders, 14 onderwysers, 3 studente en 9 gesondheidswerkers in die groep. Sewe pasiënte het herstel. Daar is 159 pasiënte wat gehospitaliseer is met 40 in hoësorg. Die Gesondheidsministerie het 7 sterfgevalle bevestig. Daar is vandag ‘n geleentheid om ingeënt te word by Katutura en Windhoek Sentrale Hospitale, asook die Groot Aub-kliniek. Inentings is vanaf 9-uur tot 4-uur.