Inwoners langs Okavangorivier hoef nie honger te ly – boer

‘n Namibiese groenteboer het gereageer op die Namibiese Statistieke-agentskap sê dat 79,6 persent van die inwoners in die Kavango Wes-streek in armoede leef. Volgens die agentskap kom die armoede voor ten spyte daarvan dat talle inwoners toelae ontvang. Interessant genoeg het die agentskap bevind dat die grootste dryfveer vir armoede in die streek is voedselonsekerheid wat 22 persent tot armoede bydra. Die ander faktore sluit kindervoeding, sanitasie, toegang tot krag en energie, vervoer en behuising in. Agt uit elke tien landelike inwoners van die streek is uiters arm met vyf uit elke tien in dorpe wat armoede ervaar. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshikoto-streek, sê hierdie mense woon langs die Okavangorivier waar geen tekorte aan voldoende voedselbronne is nie.