Bielie van ‘n mosiehofrol, N$60,87m vir 38 eiendomme

Regters Philanda Christiaan en Hannelie Prinsloo het vanoggend 136 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof aangehoor. Daar was 16 reël 108 aansoeke op die rol en uit die totale aansoeke het kommersiële banke 79 gebring. Daar is ses voertuie wat opgeëis word met 35 lenings met uitstaande skuld van 8,8 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is. Onbetaalde eiendomme het geskok. Vir 38 is die totale betaalbare skuld 60,87 miljoen dollar. In Maandag se sessie sal regter George Coleman 59 onverdedigde egskeidings aanhoor.