Dwelmsmouse betrek jongmense vir handel, en verbruik

Die woordvoerder van die Namibiese polisie hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê die grootste kommer met dwelms is dat die handelaars jongmense betrek om nie net handel te dryf nie maar ook dit te gebruik. Sy aanmerkings kom op die nuus dat dwelmhandel sedert 2020 verdubbel het. In 2020 is 1 438 verdagtes gearresteer en die waarde van die beslagleggings was 17,3 miljoen dollar. In 2022 is 1 913 verdagtes in hegtenis geneem en die waarde van die dwelms wat net tussen Januarie en September gevind is, reeds op 35,7 miljoen Namibiese dollar bepaal.