Biden wil nou saam met nuwe Israelse premier werk
President Joe Biden, het Israel se nuwe eerste minister, Naftali Bennett, geluk gewens en groter samewerking tussen die twee lande herbeklemtoon. Bennett is ingesweer en het na 12 jaar ‘n einde aan die regering van Benjamin Netanyahu gebring. Bennett, ‘n regsgesinde nasionalis, gaan ‘n koalisieregering tot September 2023 lei. Daarna sal die hoof van die gematigde Yesh Atid-party, Yair Lapid, die regering vir ‘n verdere twee jaar lei. Biden sĂȘ sy administrasie beoog om nouer met die Israeliese regering saam te werk ten einde vrede, veiligheid en welvaart vir Israel en Palestina te bevorder.