Keetmans verkoop goedkoper erwe

Die munisipaliteit van Keetmanshoop het die prys van erwe by die dorp se nuwe Brukkaros uitbreiding na 16 900 dollar toe verlaag. Volgens die munisipaliteit se skakelbeampte Dawn Kruger is die stap geneem in ‘n poging om lae-inkomste families by te staan om ‘n erf te bekom. Die aanvanklike prys was net minder as 31 800 dollar. Kruger sê die nuwe aankoopprys sluit die koste van die titelakte en toegang tot water in. Die munisipaliteit het die koste van die rioolsisteem van die koopprys afgetrek en sal die koste self dra, maar dit sal eers teen die einde van 2022 voltooi wees.